Dankie aan almal wat die afgelope week deelgeneem het aan die uitdaging Fluister liefdeswoordjies in Afrikaans. Hierdie onderwerp het die bloggers laat bloos, laat naels kou en baie (ek inkluis) het maar gesukkel om aan die gang te kom met ‘n blog. Tog het dit gesorg vir ‘n paar humoristiese oomblikke ook.

Wat ons nou nodig het om die ewewig te herstel, is die kans om ‘n bietjie stoom af te blaas. Ons kan tog nie altyd positief en dartelend deur die lewe gaan nie. Hoe vervelig!

Hierdie week (2 – 9 November 2017): Almal van ons het ‘n hekel aan sekere persone wat voorgee om jou beste vriend te wees, maar eintlik ‘n slang in die paradys is. Dan is daar die mooiweersvriende, die gebruikers, die albatrosse om jou nek, die persone wie se “vriendskap” ‘n gifinspuiting vir jou gemoed is. Hoe hanteer jy dit?

‘n Ligte waarskuwing: Indien jy ‘n staaltjie uit jou eie lewe vertel, pasop vir laster 😀


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).