Ek wil julle graag bekendstel aan ‘n jong vrou wie se blog en lewensstyl my aangegryp en geïnspireer het vandat ek die eerste keer in blogland beland het. Sy leef reeds sedert 2014 af met ‘n terminale siekte, maar wat ‘n wonderlike lewe het sy vir haarself geskep! Sy lèèf elke oomblik. Lees asseblief haar “About” bladsy. Kyk ook na haar wonderlike fotos en videos – sy is ‘n diepseeduiker wat leef in ‘n wêreld van ongelooflike prag.