Die onderwerp vir hierdie week (21 – 28 September 2017):

Wie van julle het nie die fliek Cast Away van Tom Hanks gesien nie? Kyk by Wikipedia vir inligting. Die film handel oor die hoofkarakter wie se vliegtuig tydens ‘n storm in die see beland. Hy slaag daarin om homself te red, maar beland op ‘n verlate eiland. Daar woon hy ‘n paar jaar lank, heeltemal alleen, sonder enige kontak met die buitewêreld. Hy vind tussen die goedere wat saam met hom uitgespoel het ‘n bal, en verf ‘n gesig daarop. Vanweë sy eensaamheid, begin hy met die bal praat en beskou dit as ‘n vriend.

OPDRAG: Verbeel jou dat jy jare lank alleen op ‘n eiland woon. Die lewe op die eiland is van so ‘n aard dat dit in al jou basiese behoeftes voorsien; jy het niks meer nodig om te oorleef nie, maar daar is die eensaamheid wat jou pla. Watter een van jou persoonlike besittings (wat natuurlik toevallig saam met jou in die vliegtuig was … verbeelding mense!), sal jy gryp en saamvat wanneer jy uit die vliegtuig klim? Hoekom juis daardie artikel?

 


Copy & Paste die volgende paragraaf onderaan jou blog:

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.