… want ons is ordentlik!

Wie kan deelneem?:

Almal wat blogs skryf op enige platform, selfs vanaf jou eie persoonlike webtuiste. Dieselfde geld vir persone wat net wil lees. Jy het nie nodig om self ‘n rekening te open by InLinkz om ‘n blogskakel by te voeg of ander mense se blogs te lees nie.

Reëls:

  1. Skryf in Afrikaans. Jou eie Afrikaans soos wat jy dit praat (maar sien punt no 2 ook). Hier word nie punte uitgedeel vir korrekte taalgebruik nie.
  2. Vloek wanneer dit nodig is om die storie of jou gemoedstoestand uit te beeld, smaaklik en met smaak, maar onthou dat die meeste van ons blogs is ook “oop” vir kinders, jongmense en oumense van alle kulture en oortuigings.
  3. Skryf ‘n storie wat jy uit jou duim gesuig het, skryf oor voorvalle in jou lewe, skryf ‘n gedig, lug jou opinie, vertel oor jou kwaad en blydskap, sit fotos of prentjies by as jy wil, maar onthou net dat alles verband moet hou met die week se onderwerp.
  4. Wat prentjies en fotos aanbetref: ons skryf nie draaiboeke vir porno-flieks nie!
  5. Daar is nie ‘n beperking op die lengte van die blog nie. Skryf net soos wat jy gewoonlik doen.
  6. Indien ons dalk oor ‘n onderwerp praat waaroor jy voorheen al geblog het, kan jy die ou een bylas (die uwe administreerder kan daarmee help), maar ons sou natuurlik nuwe inspuitings waardeer.
  7. Wanneer jy hier saamspeel, is daar geen verpligting om oor elke week se onderwerp te blog nie. Ons besef almal dat bloggers nie altyd tyd het nie of dalk nie belangstel in die onderwerp wat in daardie week bespreek word nie.

Wees gaaf:

Onthou om van die ander bloggers se poste te lees en te “like”. Laat kommentaar en gesels lekker. Dis die hele doel van die blogpaartie. Nooi vriende uit om saam te speel.

Monitering en Rapportering:

Ek gaan die poste self dophou en kyk of hulle “gesond” is, maar as enige blogger ‘n pos waarneem wat “af” ruik en nie hier hoort nie, laat weet asseblief die uwe deur kommentaar te los op die blog wat die spesifieke onderwerp aangekondig het.

Die vrot eiers sal uitgegooi word. Indien dit ‘n probleem word, kan ons van InLinkz se “moderator”-funksie gebruik maak, wat beteken dat alle poste eers goedgekeur moet word vir plasing. Hopelik sal dit nie nodig wees nie.

Nuwe onderwerpe:

Nuwe onderwerpe sal Donderdae om 12:00 oopgemaak word op InLinkz en sluit outomaties af op die volgende Donderdag om 11:55, waarna geen nuwe skakels na die ou onderwerp meer aanvaar sal word nie.

Maak asseblief aanbevelings vir nuwe onderwerpe!