Nog ‘n week is verby en ‘n muwe uitdaging lê voor. Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan verlede week se uitdaging Wat is jou Superpower? Die bloggers het weer kreatief geraak en ons het lekker gelees en gesels.

Die onderwerp vir hierdie week (12 – 19 Oktober 2017): Het jy al ooit geluister na of deelgeneem aan die gesprek wanneer ‘n nuwe baba in die familie bespreek word: “Ek sweer hy het sy Oupa Faan se neus”; “Daardie lang voete – dis kompleet haar Tante Sielie s’n”; “Kyk hoe frons hy! Natuurlik die Poggenpoel familie se humeur wat daar uitslaan.” Ja? Klink bekend, nè?

Vertel ‘n bietjie oor die eienskappe wat jy van jou voorouers geërf het, die goeie en / of die slegte. Watter voorkoms- of karaktertrekke is eie aan jou familie en hoeveel daarvan het jy oorgeërf? Bemerk jy dieselfde eienskappe by jou kinders of kleinkinders?


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).