Baie dankie aan almal wat so lekker saamspeel. Verlede week se opdrag Wat sal ek saamvat? het groot drome en lang besprekings uitgelok. Wie weet, dalk pak al die bloggers wel nog ‘n gesamentlike seereis aan iewers in die toekoms.

Die onderwerp vir hierdie week (28 September – 5 Oktober 2017): Vertel ons waarvoor jy bang is. Is dit iets tasbaar soos slange en spinnekoppe, of dalk iets wat net in die verbeelding wakker word – die boogeyman onder die bed? Waar het die fobie ontstaan en hoe hanteer jy dit?


Copy & Paste die volgende paragraaf onderaan jou blog:

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.