Gedurende die hele paar dekades wat ek werksaam was in die korporatiewe wêreld, is ons ten minste een of twee keer jaar vriendelik verplig om ‘n opleiding-, opheffing-, inligting-, spanbou of ken-mekaarsessie by te woon. Hierdie nuus is gewoonlik met louwarm entoesiasme begroet, maar daar was tog ‘n paar lesse te leer wat my nog steeds bybly.

By een werksessie het ons die opdrag ontvang om ons eie grafskrif te skryf. Die doel daarvan was om na te dink oor hoe jy jouself sien, hoe ander mense jou ervaar, hoe jy graag onthou wil word en wat jou plan van aksie is om jou grafskrif waardig te wees. Daarna het ons verder gegaan en mekaar se grafskrifte bespreek in groepsessies. Deel twee van die oefening was om, na die groepsessies ‘n “roubrief” saam te stel, met ingneming van jou medewerkers se waarnemings en opmerkings. In jou roubrief moes jy verskoning vra vir swak gedrag, (of ekskusies kon aanbied!), vergifnis skenk aan diegene wat jou te na gekom het en jou goeie eienskappe uitwys.

Ons het in die begin ‘n bietjie gemor oor die “morbiede” opdrag, maar die hele oefening was ‘n eye-opener, ‘n motivering om beheer oor jou emosies, jou humeur, jou omgang met jou medewerkers en sommer jou daaglikse lewenswyse uit te oefen. Daar het soms trane gevloei (van pure skok oor hoe jy oor jouself dink en hoe ander jou ervaar), maar die humor het ook nie uitgebly nie.

Die opdrag vir hierdie week (7 September 2017 tot 14 September 2017):

Met bostaande in gedagte, is die opdrag vir die week om jou eie grafskrif te skryf en net ‘n kort beskrywing te gee van hoekom jy die spesifieke bewoording gekies het. Vertel dan of en in watter mate die opdrag jou laat nadink het oor jou daaglikse handelinge.

Net om die creative juices aan te help, kyk gerus na voorbeelde van grafskrifte op hierdie webtuiste.

Die roubrief van ene Ong Peck Lye is ‘n gedig geskryf deur sy seun wat vir sewe jaar lank gehelp het met sy pa se versorging nadat hy gediagnoseer is met Alzheimer’s. Lees die hartroerende storie daaragter by die volgende webtuiste.

.

Roubrief1


Copy & Paste die volgende paragraaf onderaan jou blog:

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.