Aan hierdie deel van die kus is daar ‘n oorvloed natuur-reservate en ons probeer om soveel as moontlik daarvan te besoek. Sommige reservate beslaan groot gebiede en ander is weer heelwat kleiner.

Gedurende ons daaglikse wandelinge het ons ‘n rukkie gelede, net so ‘n paar straatblokke van ons huis af, ‘n uithangbord vir die Bendigo Natuurreservaat gesien. Ons was verbaas om te lees dat die reservaat, net 4 hektaar groot, ‘n oorblywende gedeelte is van ‘n moeraswoud. Hier rond verwys ons na sulke gebiede binne of op die rand van die dorpe as ‘n Groen Long (Green Lung) waar geen ontwikkeling mag plaasvind nie, om die inheemse plantegroei en moontlike diere- en voëllewe te beskerm.

Die uithangbord het die volgende inligting verskaf:


The Bendigo Nature Reserve is an important asset for the community containing valuable flora and fauna. It is managed by the Bendigo Conservation Group as a community project in partnership with the Hibiscus Coast Municipality, and has been declared a Site for Conservation for the benefits of visitors, present and future residents. This 4ha remnant patch of Swamp Forest mixed with Coastal Lowland Forest is home to a fascinating array of wildlife that have managed to survive within the urban setting of this reserve. Porcupine, Bushbuck, Blue Duiker, Vervet Monkey and Tree Hyrax are all resident. Brown Scrub Robin, Red-capped Robin Chat, Knysna and Purple-crested Turacos, Tambourine and Lemon Doves, Black-bellied Starling, Dark-backed Weaver, Spotted Ground Thrush, Green Twinspot and Magpie Mannikin are resident birds.

There are 74 species of forest trees occurring in the Reserve with the Forest Mahogany – Trichilia dreageana, Strangler Fig – Ficus natalensis, Swamp Poplar – Macaranga capensis, Forest Croton – Croton sylvaticus, Flat-crown – Albizia adianthifolia, Large-Leaf Onionwood –Cassipourea gummiflua, Lemonwood – Xymalos monospora and False Cabbage-tree – Schefflera umbellifera and Jumping-seed Tree – Shirakiopsis elliptica being the most obvious species encountered.


Van buite die grense af kon ons nie veel waarneem nie. As gevolg van die hoë reënval van die afgelope paar maande, was die gebied oorgroei. In hierdie kusgebied laat Moeder Natuur nie maklik haar groei stuit nie.

Binne die reservaat is daar wandelpaadjies aangebring, met rigtingwysers sodat die rigitingloses onder ons nie verdwaal in die digte boskasie nie. Die bome is gemerk met naamplaatjies. Daar was nie juis rusplekke nie – ons het op ‘n enkele mosbegroeide bankie afgekom – maar dit is beter om maar liewer aan te hou met beweeg, want die muskiete het ons behoorlik toegetakel. Nota aan self: smeer ‘n dik laag muskiet-afweermiddel aan as jy weer besoek wil aflê.

Die vloer van die woud was net so interessant, bedek met mosbegroeide boomstompe en wilde sampioene. Ons het selfs afgekom op wat ons dink klein grafsteentjies moet wees; dalk ‘n dierebegraafplaas? Dit het ons onmiddellik laat dink aan die Stephen King boek “Pet Sematary” en ons het maar liggies getrap. Ja, en dit was kol-kol modderig genoeg om my met baie vuil voete huis toe te stuur.

 

Ongelukkig het ons geen teken van enige diere gesien nie en dit was ‘n bietjie laat in die dag vir voëls. Daar was darem ‘n paar ander intressante inwoners: 😄

 

Advertisements