AFRIKAANS: Nou, my liewe blogvriende, kan julle sien dat ek wel van strand tot strand loop, die golwe geniet, die son opsuig en die skulpies optel en so aan, al die dinge wat gewoonlik onder die etiket van “vakansie” gelys word, maar eintlik is dit harde werk! 😄
Die foto hierbo is geneem in Southport met ons eerste besoek aan ons nuwe dorp se strand, en kyk net die kosbare skat wat daar in die vlak waters gelê het. Die skulp, nie die nagemaakte crocs nie! Kyk gerus na nog skulpies wat ons opgetel het op die webtuiste wat ons vandag vrygestel het.
ENGLISH: Now, my dear blogger friends, you’ve seen in my blogs how I’m walking from beach to beach, enjoying the waves, soaking up the sun, collecting shells and so on, all the things that are usually listed under the “holiday” label, but actually it’s hard work! 😄
The picture above was taken in Southport on our first visit to our new beach where we recently moved to, and just look at the precious treasure that lay waiting in the shallow waters. The shell, not the fake crocs! Take a look at the other shells we have collected to date on the website that we released today.
Www.mtwalumekzn.co.za, released by WeaverWorx today, was designed as a marketing tool for a holiday region on the Southcoast of KwaZulu-Natal, giving potential holidaymakers a preview of the beauty and allure of the pristine beaches and majestic rivers of the coastal towns Mtwalume, Elysium and Ifafa Beach on the website’s photo gallery. The website also offers an opportunity to the community and residents to promote their businesses and upcoming events. Nearby attractions are mapped and contact details made available. For shell collectors, there is an added bonus of a shell identification guide which is still in progress. Website users are invited to participate in discussions, using the Facebook plugin, and to submit their own images.
Oh, and in case you were wondering, I don’t get paid when you click on this link. “Holidaying” all day long is my only payment.
Ja-nee, alweer alle skakerings van groen oor die avonturier se doen en late – maar dankie dat jy dit met ons klomp werkslawe kom deel 😉
LikeLiked by 1 person
Ek was op pad winkel toe net nadat jou kommentaar ingekom het, dis dié dat ek nou eers antwoord. Grappies op ‘n stokkie, dit is nogal redelike harde werk wat ons meesal tot laataand of vroeg in die oggend doen. Net om die fotos te redigeer is urelange werk en dan kom die rugbreker – om al die modules en kodering in plek te kry. Druk ‘n verkeerde kode iewers in en dan soek jy ‘n dag en ‘n half vir ‘n fout. Hierdie projek was lekker net omdat dit ons die kans gegee het om te speel ook.
LikeLiked by 1 person
Wel Hester, dit is pragtig en fotografie is beslis ‘n kuns wat nie almal onder die knieg kan kry nie 💐
LikeLiked by 1 person
Veels geluk met jou nuwe webblad!
LikeLiked by 1 person
Dankie!
LikeLike
Sjoe Dit is ‘n mooi skulp
LikeLiked by 1 person
Dit is ja. Snaaks, hier kry ons nie eintlik die kleiner skulpe soos in ons vorige tuiste nie, maar ons het reeds drie van hierdie grotes opgetel.
LikeLiked by 1 person
Hoop dis nie net ‘n vloekskoot nie?
LikeLiked by 1 person
Nee, ons vriende van anderkant Port Shepstone het ook van hulle gekry hierdie week. Die skulpe is net skaarser hier. Ek wonder of hulle ook seisoene het wat hulle broei en doodgaan?
LikeLiked by 1 person
Jy moet dit dophou en verslag doen Ek is nuuskierig
LikeLiked by 1 person
O ek sal – ons het al die strande platgeloop van Sunwich Port tot by Umtentweni. Sunwich is so 5 kilos noord van ons en Tweni 6 kilos in die ander rigting. Lekker distansies om strandlangs te loop. Tot dusver het ons nog nie juis geoes soos in Elysium nie.
LikeLiked by 1 person
Klink al te lekker
LikeLiked by 1 person
Pragtige webwerf! Nou verlang ek eers see toe!
LikeLiked by 1 person
Dankie Frannie. Snaaks, soveel as wat ek dit hier geniet, verlang ek soms vreeslik terug na die oop vlaktes van Namakwaland. ‘n Mens is ‘n perverse wese.
LikeLiked by 1 person
Praat jy, Hester, praat jy…
LikeLiked by 1 person
Ek het gaan looer op daardie werf…lyk pragtig!Wat ‘n mooie skulp…nie die crocs nie😂
LikeLiked by 1 person
😀 Dankie
LikeLike
Ongelooflike pragtige foto’s en mens kan sien watter harde werk in daai webwerf ingesit is! Jy is inderdaad ‘n vrou van vele talente! 😃
LikeLiked by 1 person
Dankie. My dogter is die kreatiewe een wat die uitleg doen. Ek help bou, spoeg, plak en versorg die byskrifte.
LikeLiked by 1 person
Jullie wonen in een prachtige omgeving en dat je daar ook nog zulke mooie schelpen kunt vinden is helemaal geweldig.
LikeLiked by 1 person
Dit is ‘n lekker hobby ook. Ons maak hulle skoon en vryf dit op met babaolie, dan stal ons hulle uit in glasbottels. Dis die enigste ornamente in my huis 😛
LikeLiked by 1 person
Beslis iets om op trots te wees. Ek hou van die kaart met all die sirkeltjies en plekke. Baie goeie uiteensetting. Love it.
LikeLiked by 1 person
O dankie. Dit het begin in die tyd toe ons die vakansieoord se kantoor met hulle gedeel het (omdat ons nie internet by die huis gehad het nie). Veral die buitelandse gaste het baiekeer daar ingestap en gevra: “waar kan ons gaan eet / inkopies doen?” of “hoe kom ek uit by die natuurreservaat / ander strande?” Ons het die kaart eers ingebou by die webtuiste wat ons vir die vakansieoord gebou het, sodat hulle gaste die inligting maklik kan opspoor, en toe op hierdie een.
LikeLike
Werklik baie goed en tog eenvoudig om te gebruik.
LikeLiked by 1 person
Reblogged this on Wag 'n Bietjie.
LikeLiked by 1 person
Thank you 🙂
LikeLiked by 1 person
What’s the old story? Dirty work, but someone’s got to do it!
BTW… is dit jy wat daar in die water dryf?? Lyke my jy werk jou aalie af! 😉
LikeLiked by 1 person
Ja dis ek. My dogter gebruik (misbruik) haar familie links en regs in haar fotos.
LikeLike
Ek het so gedink… miskien vir ouboet (met die vuilbek) ook gesien? 😉
LikeLiked by 1 person
Beslis! Hy is tenminste eenkeer elke drie maande hier om te kom poseer vir die fotosessies.
LikeLiked by 1 person
Ons is lief om “beach-combing” te doen en het heelwat skulpe saam gebring, o.a. Tritons.
Geniet dit!
LikeLiked by 1 person
Die skulpe-oes is nie so goed hier laer af teen die kus waar ons nou woon nie 😛 maar ons het reeds soveel dat ons seker nie mag kla nie.
LikeLiked by 1 person