Verbeel jou jy is toe gesluit in ‘n kamer. Daar is geen vensters of deure nie en in die kamer is jou grootste vrees. Beskryf wat is in die kamer. Wat is jou grootste vrees? – wolfieshadowwhispers

Net so vra Wolfie hier uit die bloute en net so skop my melodramatiese fobies in.

Ek sit in ‘n kamer. Daar is geen vensters of deure nie (nie eens ‘n doggie door nie, Wolfie?). En my grootste vrees is daar saam met my. Ja, dit maak sin, want my grootste vrees is:

  • dat ek leef om met my mense te gesels en te lag en te baklei en te speel – met wie dan nou as ek alleen is in my kamer?
  • dat my kat my gaan mis (sien doggie door) hierbo. Sy kom haal my elke aand en sit my in die bed … dan loop sy weg en gaan slaap by my dogter, maar dis oukei, want ons is albei tevrede dat ek veilig in die bed is.
  • dat ek nie kan hoor hoe my man met die hond raas en my dogter die kospotte rondstoot nie en dat my ipod se battery gaan ingee sodat ek ook nie na my musiek of audioboeke kan luister nie.
  • dat ek nie kan sien hoe reën dit daar buite en wanneer die son weer deurbreek nie.
  • dat ek nie by die deur kan uitbars en strand toe hardloop wanneer dit laagwater is nie
  • dat ek nie yskas toe kan loop om ‘n knibbelrigheid te gaan uithaal nie (of sal ek darem ‘n mini bar toegelaat word?)

Wolfie, ek gee nie om wat WEL in die kamer is nie. My vrees hang aan die feit dat sekere dinge NIE daar gaan wees nie. Alleen wees maak my bang. Alleen wees moenie saam met my in die kamer wees nie.

Sitting in a corner