As julle haar nog nie hier tussen die bloglanderye raakgeloop het nie, wil ek julle graag voorstel aan Anikapani. Sy skryf daar uit my grootwordwêreld, met deernis en humor, oor die lewe in ‘n klein dorpie. Ek hoop ons gaan baie meer van haar sien in die toekoms.

Stories van 'n klein dorpie

In Namakwaland het die mense verskeie maniere om hul woede jeens iemand anders verwoord.

Ek het al gehoor hoe iemand met ‘n blinde oog bekyk word, ‘n ander terug in sy ma se lende besweer word en nog ‘n ander vir die jirre terug word. Maar ‘n vriendin vertel my die week haar storie, so uit die hartjie van Springbok uit.

Sy is betrokke by ‘n man, beide ongetroud en smoorverlief. Als loop mooi vir hulle en die elektrisiteit tussen hulle kan ‘n plaas gemeenskap se mielies in popcorn verander. So raak hul met die tyd onafskeidbaar. Sy weet van vroeg af al van sy nalatige lammertjie, die laaste kind by ‘n vrou wat sy familie nie goedkeur nie, maar hy verseker haar daar is niks meer tussen hom en die ma van sy kind nie. Ding is net, klein dorpies skinner, en sommer baie ook!

So is vriendin weg…

View original post 82 more words

Advertisements