Dis nou soos wat die Ingelse sê “Drumroll please!”

Ek het hierdie jaar weer ‘n blog gepleeg vir die Automattic’s Worldwide WordPress 5k Challenge vir 2016 en … doen daai dromme-ding asseblief! … Dis Ekke is genoem in Automattic se Recap. Daar trek die Natalse Suidkus en Nguni beeste se fotos die wêreld in. Nou voel ek vreeslik gevlei, so moet nou asseblief nie my ballon prik nie.

Ek het in 2015 ook deelgeneem en toe so ‘n bietjie van ons strandwêreld gewys. Ons Suidkus is darem iets om oor te spog, sê ek mos.