Sleutelwoorde

, , , , , ,

Toeka-Tokkel: Die See is scrapydo2 se opdrag vir die week. Ek het al so baie oor die see geskryf dat ander bloggers seker al sug wanneer ek nog ‘n blog oor die onderwerp plaas, maar vir my bly dit elke dag nuut.

Wanneer dit laaggety is en die see so ver teruggetrek het dat die rotse blootgelΓͺ word, spring ons van rots tot rots om te kyk wat in elke rotspoel aangaan.

Soms word klein vissies en ander seediertjies in diep rotspoele agtergelaat wanneer die gety terugtrek. Dan kan jy mooi dophou hoe die skulpies skielik beentjies ontwikkel en begin rondloop of die piepklein vissies onder die rotse uitkom om te baljaar in die water. Die water moet blink-stil in die sonlig lΓͺ sodat die seebewonertjies nie agterkom dat daar mense in die rondte is nie.Β Die geheim is om doodstil op ‘n rots te sit daar waar die branders nie die water kan roer nie en jou skaduwee nie op die water val nie.

Die fotos en video hier onder het my dogter geneem op Mtwalume se strand geneem toe ons twee weke gelede so kuier-kuier tussen die rotse deur geloop het om die laaste van die somerson se strale te geniet.

Advertisements