Hierdie storie is geskryf na aanleiding van Scrapydotwo se Toeka Tokkel 8 – Stoepstories uitdaging. Ek het nou nie juis eerstehandse ondervinding van stoepe en hulle stories nie, maar toe sien ek Herriemerrie sê in haar blog oor hierdie onderwerp, dat ‘n balkon net ‘n stoep in die lug is. Toe weet ek, oor hierdie soort stoep kan ek saamgesels.
Die storie is nou sò: Alles het begin by die man van my se beheptheid met sy buitetoilet. Hy droom sy hele lewe lank nog oor so ‘n sinkplaat- of hout-kleinhuisie op sy eie erf. Ongelukkig word so ‘n toilet nie verduur op ‘n stads-erf nie. Toe gaan ons ‘n kompromie aan en ons stadshuis se buitetoilet word gebou met ‘n uitsig op die vrugteboord en groentetuin. Daar het hy heerlike en gelukkige ure deurgebring en … maar wag, hierdie is nou nie ‘n toiletstorie nie; dis ‘n stoepstorie.
Ek, aan die ander kant, het my hele lewe lank gedroom van ‘n ou plekkie langs die kus met ‘n uitsig oor die see. Ek is mos ‘n binnelander van geboorte, sien? Ek wou ook ‘n beurt hê om langs die water te sit en droom.
Na my aftrede word ek en my dogter afgevaardig om na die droomplekkie by die see te soek. Die oomblik toe ek hierdie huis in die lug sien waar jy so ver oor die oseaan kan kyk, was ek verlore. Ek het net gevorder tot op die balkon voordat ek besluit het – dit is hý hierdie, die huis wat ek wil hê. Daar is ‘n yslike groot balkon doer bo in die lug, met glasdeure vanaf die sitkamer en die hoofslaapkamer, en die uitsig, o die uitsig wat my amper daartoe dryf om te begin dig.
Die één groot probleem wat my laat vrees het dat my man hierdie huis nie sou goedkeur nie, is juis die feit dat dit doer bo in die lug is. Daar is ook nie ‘n private tuin nie. My dogter lag egter al my bekommernisse weg: “Ma, gaan kyk na die hoofslaapkamer se toilet”.
Sò trek ons toe sowat ‘n maand gelede in by hierdie huis met die balkon. Die balkon wat uitkyk oor die see. En die hoofslaapkamer wat uitkyk op die balkon èn die see. En die toilet wat uitkyk oor die slaapkamer èn die balkon èn die see.
Mens, sowat het ek nog nooit gesien nie! Daar sit die man van my tydig en ontydig en uitstaar na buite; vandat die son opkom totdat die maan skyn, mag niemand die blindings in die badkamer of die gordyne voor die glasdeure toemaak nie. Wie wil slaap in daai kamer, of wie wil braai op daai balkon, moet verlief neem met die koppie wat uitloer oor die badkamer se vensterbank.
Nou wonder almal van ons oor die vragbote wat gereeld daar op die horison verbyvaar. Wanneer ons hulle bespied deur ons kameralens, sien ons soms ‘n verkyker daar op die boot en een of twee keer het van die bemanning al vir ons teruggewaai. Nou wonder ek Mens, wat sien hulle deur daai verkyker se lens?
Hehe,kostelik!Ek sou ook sorgelose ure daar wil deurbring.
LikeLiked by 1 person
Hoekom dan nou nie?? Kan darem die uitsig geniet terwyl jy daar sit!! 😀
LikeLiked by 1 person
Net so
LikeLiked by 1 person
hehehehe ek sal ook maar daarna moet kom kyk! 😀
LikeLike
Ek wonder of dit ‘n nuwe mode is, want hier rond vind mense dit nie vreemd nie. Ek is is nou seker weer oudedoos.
LikeLiked by 1 person
Dis nou n sitplek na enige man se hart! Jy het die uitsig vanuit drie verskillende hoeke. Dit klink te heerlik. Ek wonder ook of hul diep in die kamer kan inkyk vanaf n skip? Baie dankie vir jou lekker vertelling dis n fees
LikeLiked by 1 person
Mooi man. Die verkyker mense ken nie jou naam nie. 😉 So wat maak dit saak wat hulle gesien het?
LikeLiked by 1 person
Jinne dis sommer wonderlik. Ek wil ook eendag so ‘n toilet he. Se nou net iemand kan fotos neem daar van die skip af van die die gesiggie wat so oor die muurtjie loer?? Hie hie ek lag my pap…. Jy weet, die toilet met die uitsig gee aan die frase “Ag gaan *** man” ‘n fantastiese nuwe betekenis.
LikeLiked by 1 person
Addisionele vermaak by die strand?
LikeLike
Dit is lekker! Ek is skoon jaloers
LikeLiked by 1 person
Klink goed. Oulik geskryf.
LikeLiked by 1 person
Dankie!
LikeLike
Ek het lekker gelees! “Stoepstories” het my laat dink aan Köoperasiestories – ek dink dis tyd dat ek dit weer ‘n slag kyk.
LikeLiked by 1 person
Ek het dit so ‘n paar maande gelede op YouTube opgespoor vir my man en ons het dit sò geniet.
LikeLike
Hiehiehie kostelike storie 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie, ja hierdie man van my se dinge en geite maak my soms mal, maar dit sorg altyd vir ‘n lekker lag wanneer ek dit nodig het.
LikeLiked by 1 person
Gee speserye aand die lewe 🙂
LikeLiked by 1 person
Jy sê die mense op die bote waai terug?
Rosyntjies… 😉
LikeLiked by 1 person
Dit is wat die Hollander noem Heimlike Gemakken!
LikeLike
Dis ‘n raak benaming
LikeLike